Nuutste Nuus

  • All Posts
  • Afrikaans
April 8, 2025/

Read in English Ek gebruik nie gewoonlik onnodig baie uitroeptekens in sinne nie, maar wees gewaarsku, hierdie nuusflits is ‘n uitsondering! Die wêreld kom Osaka toe, op ons voorstoep, binne 5 dae. Daar is vars energie oral in die lug! Dit voel kompleet soos ‘n sprokieswêreld van pienkwit (kersie)bloeisels net…

March 26, 2025/

Wat ’n bemoedigende week van betekenisvolle interaksies, diep gesprekke en stimulerende samesyn! Ons is opreg dankbaar vir die pasafgelope, amptelike besoek van ons Missie Japan leiers, Dr Nico Mostert, Ds Gawie Gouws en Dr Daniël de Wet (7-17 Maart). Ons langdurige vennootskap met die plaaslike Reformed Church in Japan (RCJ)…

March 11, 2025/

Today 11 March 2025 is a day of great significance for Japan and its people. In our hearts and prayers, we join every Japanese citizen on the fourteenth commemoration of the 2011 triple disaster (earthquake, tsunami and nuclear plant).

March 4, 2025/

Read in English Vandag het drie studente plegtigheid afgelê aan ons (Kobe Gereformeerde Teologiese Seminarium) se 73ste afstigtingsgeleentheid. Dit was baie bemoedigend om te sien en te hoor hoe hulle getuig het van die groei wat hulle oor die verloop van vier jaar ervaar het. Dit is net die begin…

January 30, 2025/

“Toe ek die klein ventilasie-vensters op grondvlak in julle kapel sien, het ek gedink dit sal handig te pas kom as die polisie skielik toeslaan en ek moet vlug,” vertel sy half-glimlaggend, dog ernstig.

September 20, 2024/

Bedompig! Die laat-somer hier in Kobe laat ons behoorlik sweet die afgelope tien dae, vandat ons veilig terug is uit 'n winterige Suid-Afrika. 

July 25, 2024/

Oos, Wes, Tuis Bes!? In hierdie nuusflits deel ek oor enkele gebeure, wat wás en wat kóm, uit ons besoek aan Suid-Afrika. Ons het net mooi twee maande gelede veilig in Kaapstad aangekom ná ‘n betekenisvolle werks- en studietyd in Skotland en Oxford (by OCMS). Danksy die oop hande en harte…

April 9, 2024/

Ek het onlangs ’n artikel voltooi met die titel Proclaiming and Embodying Peace in Pacifist Japan: a Reformed Church Perspective (in die joernaal Ecclesial Futures). Die artikel kan hier afgelaai word. Die artikel fokus op deelname aan God se shalom en handel oor publieke getuienis as ’n integrale deel van…

April 4, 2024/

Liewe Vriende, Sedert ons laaste kommunikasie (19 Februarie!), het mooi positiewe dinge hier gebeur: Alhoewel die nie-Christen dame nog nie weer kerk toe gekom het nie (ons hou wel kontak met haar) ...

March 6, 2024/

‘n Laaste paar verdwaalde sneeuvlokkies word die afgelope dae rondgeslinger deur die winde van verandering. Vroeg-oggend hoor ek reeds (‘n paar weke vroeër as gewoonlik) die Japannese nagtegaal sing. Duidelike en helder tekens van die lente wat oppad is in Kobe.

January 6, 2024/

‘Ramspoedige Nuwejaar!’, is nié wat jy wil hoor op die eerste dag van Januarie nie. Nuwejaarsdag is normaalweg ‘n feestelike dag om iets te doen wat jy elke jaar geniet. Vir miljoene mense in Japan is die eerste drie dae van Januarie gewoonlike ‘n sonderlinge kans om saam met familie…

December 1, 2023/

Die versugting na vrede: wêreldwyd, verál ook in Japan Miljoene mense smag na vrede terwyl die skrikwekkende vernietiging van 'n toenemende aantal outoritêre owerhede wêreldwyd onverpoosd voortsleep.

November 9, 2023/

“Gaan jou hele gesin saam?”, vra die student my nou die dag verbaas toe ek vertel van ons beoogde besoek aan Suid-Afrika in 2024. Vir hom—wat in sy 50’s by KRTS kom studeer het, sonder sy gesin vir ‘n volle 4 jaar—is dit nie ‘n gegewe (soos vir ons Westerlinge)…

September 20, 2023/

“Wanneer is die beste tyd om Japan te besoek?”, vra jy dalk. Beslis nie in die somer nie! Japannese somers is soos ’n wet sauna – vir 24 uur wurg jy met ’n sopnat kombers om jou. In die middel van die somer is jou energie en jou emosies in flarde. En wat ookal…

July 18, 2023/

Groete uit Kobe, waar die bedompige reënseisoen se einde plekmaak vir versengende hitte. Ons jaarlikse somer vakansie breek binnekort aan, daarom net ‘n paar opsommende nuusbrokkies oor ons onlangse doen en late.

July 18, 2023/

Liewe Vriende, Presies ‘n kwart van ‘n jaar (3 maande) is verby sedert ons op 17 April deur RCJ Shikoku Ring bevestig is as pastor/prediker/evangelis en ingetrek het by RCJ Niihama Sendingpos. Aanvanklik was dit elke tweede Sondag, maar sedert bietjie meer as ‘n maand gelede doen ek die hele…

May 24, 2023/

PINKSTER GETUIENIS: Die Heilige Gees waai waar Hy wil Die jaar 2000 het—vir my—nie net die nuwe millennium ingelui nie. Dit was ook ‘n jaar van beslissende verdieping in my lewensreis oppad met God. Ek was voor ‘n kruispad as vyfde-jaar teologie student. Gaan ek voltyds die kerklike bediening afdraai…

May 2, 2023/

VEELKLEURIGE brokkies uit ons lewe en leer Pinkster lê voor ons, en ek vertrou daar lê ‘n genotvolle langnaweek agter jou!? By ons in Japan, terwyl die pienk-pers en wit Tsutsuji (Azalea) blom en die rysboere gereed maak om neon-groen rysplantjies te plant, lig ek net ‘n paar hoogtepunte uit…

March 10, 2023/

Van alle kante ‘n Paar grepies uit ons werk en lewe. Tyd vlieg. Lydenstyd is alweer halfpad verby. Hoe draai die seisoen waar jy jou bevind?Daar’s baie aan die gebeur, op klein en groot skaal by ons. Hierdie nuusflits vat — nes onsself die afgelope tyd — net hier en…

January 21, 2023/

De Wets op pad na Japan as ‘brug’-sendelinge – ’n versoek tot biddende ondersteuning – Tobie en Annalie de Wet wat na hul aftrede as sendelingspaar van meer as twintig jaar by die Reformed Church in Japan (RCJ) nou al geruime tyd op Swellendam woon, is nou weer op pad terug na…

January 16, 2023/

Te veel om te deel! Waar begin ons? Reis ‘n paar weke terug en sien wat gebeur het oor die Kerstyd in Kobe Hoe het 2023 aan jou kant begin?  Ons is terug op spoed sedert die eerste week van Januarie. Meeste van ons gesin moes onlangs deur ‘n griep…

December 12, 2022/

Hiermee wil ons jou graag as ondersteuner van Missie Japan bedank vir jou getroue ondersteuning in 2022.

November 16, 2022/

Bemoedigend. Versterkend. En veel meer!  Só was die pas afgelope, amptelike besoek van Missie Japan se leiers - dr Nico Mostert (sekretaris) en ds Johann Winterbach (voorsitter) - aan Japan.

October 19, 2022/

Voet in die hoek! Dis hoe dit hier gegaan het die afgelope maand of twee. Die hekke is nou weer wawyd oop in Japan, ná die 7e vlaag van Corona verby is. Alhoewel alle maskers nog nie die trekpas gekry het nie, is daar beslis meer interaksies en ontmoetings.   Ons…

August 31, 2022/

Lewe lank genoeg in Japan en bloot natuurlik absorbeer jy die Japannese kultuur van verslaggewing en dokumentasie, dus hier volg ons vakansie ‘verslag’. 

July 1, 2022/

DIE KANS Dis orals in Japan. Groot, onooglike konstruksies met Engelse name wat lekker rol op die tong. Pachinko’s. “Pachin” is die klank wat die dobbelmasjiene maak en “ko” is ‘n verkleinwoord daarby.

June 28, 2022/

Groete uit ‘n snikheet, bedompige Japan, Suid van Nagoya. Dis die eerste keer in drie jaar – a.g.v. Corona – dat ek weer groot byeenkomste in-persoon kan bywoon. Wat ‘n voorreg om van naby te hoor en sien hoe dit regtig gaan met die kerkleiers van die RCJ - wat…

June 2, 2022/

Verwondering. As dit verdwyn is die lewe - en ook ons geloofslewe voor God - kleurloos en krimpend. Die afgelope tyd word ek pal daaraan herinner deur ervaringe en boodskappe wat my pad kruis. Die goue draad deur alles: wees oop vir die verrassende werk van die Gees!

May 18, 2022/

Carina van der Watt is die op-en-wakker vrou aan die sy van dr Stephan van der Watt, predikant en dosent in pastoraat aan die Kobe Reformed Theological Seminary. 

April 20, 2022/

So 'n vae gevoel van ontevredenheid ... wat laag-laag lê. Dit krap hier, en skaaf daar... jy probeer dit peil en die bron daarvan vind. Jy probeer dit weg "entertain"... maar dit kruip altyd weer terug.    Ontevrede ... onvergenoegd. Maak nie saak wat die bron daarvan is nie ...

April 13, 2022/

Die RCJ (Reformed Church in Japan) Westelike Ring se 34 gemeentes vergader vandag, in Groot Lydensweek. Baie verhale en gebeure word gedeel. 'n Jong nuwe leraar is aangestel by 'n gemeente wat vier jaar lank moes wag om hom te kon beroep. 'n Ander gemeente getuig ...

March 18, 2022/

Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van 'n akademiese kwalifikasie. Dis 'n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor 'n integrasie van leer en lewe.

March 4, 2022/

Statement of Protest against Russian Invasion of Ukraine and Call for a Peaceful Solution “Put your sword back into its place. For all who take the sword will perish by the sword.” (Matthew 26:52) We, the Reformed Church in Japan, strongly protest against Russia’s invasion of Ukraine, which began on…

February 13, 2022/

Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan?  Oor brandende bosse ...en brandende harte (wat nie uitbrand nie ...) Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met 'n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies.

December 1, 2021/

Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n…

November 18, 2021/

Wanneer ons in Suid-Afrika is mis ons Japan: die opregte toewyding van ons broers en susters in die RCJ, goedkoop sushi, warmwater bronne ... 

October 2, 2021/

Groete uit die Suid-Kaap. Vandag is ons besig met Missie Japan vergaderings op ZOOM en ontmoetings by Groot-Brakrivier.

September 10, 2021/

Gegroet uit die Suid-Kaap. Ons is almal gesond en goed aan die gang. Wat ‘n genade!  Ons is regtig dankbaar om op besoek te kan wees in Suid-Afrika, om te kan terugvoer gee en dankie sê, te rus én om ons ondersteuning vir die volgende termyn uit te bou.

June 23, 2021/

Groete uit die Suide van Suid-Afrika … Ons het op 4 Junie veilig in Johannesburg aangeland. Danksy die oop hande en harte van goeie vriende, was die landing sag en kon ons gemaklik die lieflike lang pad deur die Karoo vat, met kinders se oë wat rek vir Koedoes en…

June 3, 2021/

Ek vertrou dit gaan met jou goed te midde van alles en nog wat in die derde vlaag.  Ons het pas gehoor dat elkeen in ons gesin se PCR toets resultate negatief is. Ons is dankbaar en verlig! Met peperduur sertifikate in die hand en vol gepropte tasse slaggereed, is ons vlugte…

April 14, 2021/

Stop. Kyk. Kyk stip. Staar … Die afgelope weke rondom Paasfees het ons almal hanami (letterlik: blomkyk) geniet. Dis ‘n tradisie so oud soos die berge in Japan. Om die nuwe lewe wat die Sakura bloeisels (ná die lang winter) bring, stip te bekyk en waardeer. Daarmee saam het ons op Goeie Vrydag – wat ook…

March 24, 2021/

Groete uit Kobe, waar die eerste Sakura bloeisels groot belofte inhou vir die lente skouspel wat kom. Die doel van hierdie nuusflits is om kortliks te deel oor onlangse gesprekke en besluite deur Missie Japan se leierskap, én om ‘n spesiale versoek te rig in die lig daarvan. Ná lang…

March 9, 2021/

Laasweek het ek die Nagtegaal weer hoor sing, ná ‘n lang winterbreuk. Dis altyd die helderste teken dat die lente nou begin aanbreek. Met die draai van die seisoen, 'n paar gedagtes en gebedsversoeke tussen-in. Graad gevang, nou bediening toe.

February 3, 2021/

Onseker en onvoorspelbaar. Ek vermoed dis twee woorde en werklikhede waarmee jy ook onder andere worstel. Wees verseker van ons gebede en verbondenheid, met die tweede vlaag se sterk terugslag in SA in die afgelope weke.  Jaar skop vroeg af teen stywe pas.

December 11, 2020/

Ons het ons planne gehad vir 2020, en hóé! Ons besoek aan Suid-Afrika was onder ander haarfyn uitgedink. Noodeloos om te sê, dinge het radikaal anders uitgewerk. Die Here het beter geweet en ons vooruit gegaan.  Vanjaar was taai in vele opsigte en om uiteenlopende redes. Ek vermoed elke een wat…

November 11, 2020/

Meer as net 'n kleur: Ontdek só die goddiens en kultuur in Kyoto: Die oes-seisoen: dís hoe die herfs bekend staan in Japan. Kort voor die diep herfs verwinter, is ontelbare variasies van oranje, geel en rooi alomteenwoordig.

October 7, 2020/

HOU MOED! 元気を出しなさい! Gedagtes oor die lewe uit Kobe se herfs. In hierdie nuusflits deel Carina haar ervaringe van die afgelope tyd. Ons gebedsversoeke volg aan die onderkant. Baie dankie dat jy saam bid en meeleef.

September 24, 2020/

Die afgelope paar jaar het die vennootskap rakende diakonale projekte – tussen die NG Kerk familie in SA (NGKSA) en die Reformed Church in Japan (RCJ) – toenemend verdiep en uitgekring. Ons is regtig opgewonde en dankbaar hieroor en sien dit as ‘n sentrale dele van ons werk en roeping…

September 2, 2020/

Wanneer die Japannese na iets uitsien, lui die spreekwoord (direk vertaal): maak jou nek lank en wag. Ons nekke is nou al ekstra lank van wag vir ‘n tikkie herfs ná ‘n uitgerekte en uitmergelende warm somer. En terwyl dié jaar begin kantel, strek ons ons nekke nóg ‘n entjie verder…

July 12, 2020/

Onseker en onvoorspelbaar. Ek vermoed jy ken dié realiteite deesdae van binne en buite. Te midde van allerlei verliese - werklik én ge-antisipeerd -  hoop ek dit gaan goed met jou. Hier in Kobe is ons genadiglik nog gesond en aan die gang.

May 27, 2020/

Groete uit Kobe, wat dag-vir-dag ontvou in ‘n heldergroen lushof, met ryslande wat oral in ons omgewing beplant word.   Dit gaan goed met ons, diep bewus van die Here se sorg en ons totale afhanklikheid van Hom. Ons is ook opnuut in verwondering oor die werk van die Heilige Gees in menselewens. Soos die rysplanter hierbo…

May 15, 2020/

Ek skryf die brief met gemengde gevoelens, oor ons beplande besoek aan Suid-Afrika. Besoek uitgestelOns sou oor 3 weke vertrek het, maar a.g.v. die pandemie is daar by ’n onlangse vergadering van Missie Japan bestuur besluit dat dit vanjaar onmoontlik is. Lees asb. die amptelike brief van dr. Nico Mostert (Missie Japan sekretaris) hieronder. Ons is natuurlik…

April 23, 2020/

Ons is in ons harte en gedagtes in diep verbondenheid met jou in Suid-Afrika in hierdie uitdagende tyd. Met hierdie nuusflits wil ek graag kortliks 2 dinge met jou deel: 1. 'n Kort video (3 min.) oor ons situasie en uitdagings hier.  2. 'n Kort oordenking wat ek geskryf het…

March 31, 2020/

Ons is in die globale seisoen van Covid-19. By jou is die herfs aan die deurbreek, hier in Japan ontvou die lente uit ‘n sluimerende winter. Die Here wat die seisoene gemaak het, is nie skielik afwesig nie. In Sy voorsiening het Hy mos dié tyd ook bepaal (Pred. 3).…

March 30, 2020/

Ons groet julle uit die kantoor in Bloemfontein waar Covid-19 ‘n groot invloed het op al die werksaamhede van Vennote in Getuienis. Maar ja, hier is ons fokus Missie Japan en ons wil graag net almal op hoogte hou van al die verwikkelinge. 

January 29, 2020/

Wintergroete uit Kobe! Die draai van die jaar het met soveel spoed gekom en gegaan, dat ek nog nie behoorlik kon deel wat alles hier afgespeel het nie. Missie Japan bestuur byeen Die leiers van Missie Japan se bestuur was einde 2019 bymekaar vir 'n belangrike jaarvergadering.

December 13, 2019/

Hierdie tyd van die jaar het min (Suid-Afrikaanse) mense nog lus of tyd vir e-pos lees. Ons doen graag vroeg in 2020 in meer detail verslag oor ons doen en late die afgelope tyd. Ons adventsboom herinner ons aan die voorreg om met vreugde Christus se koms af te wag.

October 30, 2019/

Hier volg die twee groete boodskappe van Dr. Gideon Van der Watt (Sekretaris: Missie Japan) en Dr. Gustav Claassen (Algemene Sekretaris: NG Kerk in Suid-Afrika). Ek het dit namens hulle oorgedra by die Christelik Gereformeerde Kerk in Japan (RCJ), by dié kerk se jaarlikse sinode vergadering in Osaka, 29-31 Okt.…

September 5, 2019/

GO Bokke! 頑張れスプリングボックス!Ekskuus, maar ek moes dit net eers uitkry. Noodeloos om te sê: die opwinding is al hemelhoog met die rugby wêreldbeker wat op ons voorstoep kom draai. Ons sal onsself beslis nie elders wil bevind in hierdie dae nie.

July 17, 2019/

Hartlike groete uit ‘n bedompige Kobe, waar die reënseisoen aan die opdroog is en die somerhitte nou die sweet laat afrol teen ons rûe. Diep betekenisvolle tyd agter die rug.Ons het bietjie meer as twee weke gelede terug gekom vanaf Grand Rapids (Calvin Seminary), waar ek 6 weke navorsing gedoen…

May 6, 2019/

NUWE ERA vir Japan, SA en vir ons Op die vooraand van die verkiesing in Suid-Afrika, is jy seker ook diep bewus van die betekenis van ‘n nuwe era wat aanbreek. Vol potensiaal én onsekerheid. Wees verseker van ons gebede in hierdie dae. 

May 1, 2019/

Die Heisei era het pas ná 30 jaar tot ‘n einde gekom (op 30 April 2019). Sommige beskryf dit as die era van die fragmentasie van families in Japan.

March 24, 2019/

Ons is dankbaar dat Elmar en Nadine du Rand, na ‘n lang voorbereiding nou uiteindelik na Japan vertrek. Hulle het die afgelope tyd ‘n hele aantal gemeentes dwarsoor Suid Afrika besoek om ondersteuning te werf. Mooi verhoudinge is gebou. Hulle het hard gewerk om hulleself voor te berei vir die…

February 4, 2019/

Van die poskaarte wat ons oor nuwe jaar ontvang het. Hierdie nuusbrief was veronderstel om jou al ‘n week gelede te bereik. Maar, intussen was ek 5 dae in die hospitaal a.g.v. ‘n nood-operasie om my blindederm te verwyder. Ons is baie dankbaar vir elke gebed en bemoediging van oraloor,…

November 15, 2018/

ELMAR EN NADINE DU RAND OPPAD NA JAPAN  Ons wil opnuut vir jou, die kleingroep waaraan jy behoort, jou kerkraad, julle getuieniskommissie of gemeente hartlik bedank vir die gasvrye wyse waarop julle vir Elmar en Nadine ontvang en toegelaat het om hul roepingsverhaal met julle te kon deel. Dankie dat…

October 8, 2018/

Liewe Familie, Vriende en Voorbidders (geskryf deur Ds. Tobie de Wet) Ons is steeds oorweldig deur ons ervaring van gister (Sondag) toe ek en Annalie die erediens in die stad OTSU spesiaal gaan bywoon het, presies VEERTIG JAAR nadat ons in 1978 daar amptelik met ons bediening in Japan begin het.…

October 3, 2018/

Vir die voortbestaan van die kerk in Japan. Japan is ‘n snel-veranderende land. ‘n Veerkragtige nasie met uitstaande ambisie, én vermoëns. ‘n Eeue-oue beskawing, in pas met die nuutste tegnologie. Maar, alhoewel Japan die derde sterkste ekonomie in die wêreld het, bly dit ‘n brose supermag.

September 29, 2018/

Diakonia in Japan (geskryf deur Tobie de Wet) Liewe familie, Vriende en Voorbidders, Goeie more vanuit ‘n papnat Japan waar ons ons gereed maak vir nog ‘n sterk TIFOON wat op Japan afpeil en ons vanaf Sondag gaan tref. Vandag (Saturdag 29 Sept) doen Stephan ‘n opvolg-seminaar oor “DIAKONIA” by die Westelike Ring van die RCJ hier…

September 26, 2018/

Die GROOT doring in die vlees (geskryf deur Tobie de Wet) Gisteroggend (Dinsdag) by die Oggend Chapel van die Kweekskool was die prediker ‘n Koreaanse dame en ‘n dosent in Grieks.In perfekte Japannees het sy ‘n aangrypende boodskap uit 2 Korintiers 12 gebring na aanleiding van Paulus se “doring in sy vlees” waarvoor hy drie-maal…

September 17, 2018/

Tobie en Annalie De Wet in Kobe, saam met jarelange Japannese vriende   Laat ons asseblief vir julle ‘n VENSTER OP JAPAN wees Liewe Vriende en Voorbidders, Vandag (Maandag 17 September) is presies 3 weke van ons 12 weke (3 maande) in Japan verby… Die skok en teleurstelling met ons…

September 1, 2018/

Bemoedig in 'n nuwe seisoen Wees gegroet uit ‘n kalmer en koeler Kobe …   Dodelike somer agter die rug Met hittegolwe, vloede, tifone en aardbewings wat sedert middel Junie hul tol ge-eis het, hang die nadraai van alles nog soos ‘n donker wolk oor Japan. Op klein, maar betekenisvolle…

June 30, 2018/

Gegroet uit ‘n snikheet en sopnat Kobe. Dis reënseisoen in Japan en dag-vir-dag toenemend bedompig. Saam met emmers sweet wat aftap, val groter emmers reën. Laasweek het hier meer as 100mm binne een uur neergestort naby ons. Dié week word 300-400mm vir die omgewing voorspel.

May 7, 2018/

Groete uit Kobe, wat dag-vir-dag ontvou in 'n lemmetjiegroen lente lushof. Dit gaan goed met ons almal, opnuut bewus van die Here se sorg en ons totale afhanklikheid van Hom. Ons gebed is, "Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom." (Psalm 90:12)

April 22, 2018/

Die Japannese het ’n fassinerende verhouding met die dood. In die lente stroom ‘n magdom Japannese om na die ragfyn pienk kersiebloeisels (genaamd Sakura) te gaan kyk. Hulle bring hul obento’s (pragtige versierde rysballetjies, vis en groente), en speel, gesels en staar na hierdie weerlose bloeisels wat ’n skrale drie,…

February 28, 2018/

RADIKALE OMMEKEER – ‘n verhaal van een lewe wat ingrypend verander het. “Ons het lanklaas gesels, wil jy nie iets saam gaan eet nie?”, vra my Japannese kollega my nou die dag ná ‘n vergadering. Ons gesprek sentreer aanvanklik rondom die eerste dae toe ons mekaar leer ken het, meer as…

January 23, 2018/

Gegroet uit ‘n ysige Kobe, deesdae gereeld getooi in spierwit sneeu. Die werk-jaar is (by ons) al sedert 5 Januarie volstoom aan die gang, en ons is dankbaar vir goeie gesondheid en ‘n sinvolle ritme, dag-vir-dag. Ek deel graag nuus oor dinge wat vanjaar voorlê, en iets van die afgelope tyd. 

November 14, 2017/

Ons Japannese vriende van Tokushima leer die kinders van NG Kerk Groot-Brakrivierhoe om Kanji te skryf – as deel van die Japannese skrifsisteem. Beste ondersteuner, Kleiner leefruimtes, groen tee, herfskleure in oormaat, meer vis, etes met stokkies, ‘n ander skrifsisteem … die lys gaan aan. Ons is terug by ons huis…

April 20, 2017/

Die Reformed Church of Japan het Missie Japan versoek om ‘n groepie jonger predikante van die NG Kerk na Japan te stuur om eerstens hulleself ten opsigte van die situasie in Japan op hoogte te bring en tweedens om die kerk in Japan met die besoek te verryk en derdens…

October 5, 2016/

Beste ondersteuner, In die golwende massas van Japan kan die sonderlingheid van individuele ontmoetings soms uit fokus raak. ICHI-GO-ICHI-E (一期一会) beskryf die noodsaaklikheid daarvan om ontmoetings met mense te koester: een-vir-een.

September 1, 2016/

Ons is dankbaar terug in Kobe ná ‘n verfrissende tyd van verlof. Daar was genoeg maats, marshmallow braaie, tyd vir lees, stilword en tennis speel. Op Sondae was daar soms meer as 100 sendelinge en kinders bymekaar vir eredienste – én vir sinvolle samesyn – in die plaaslike kapel by…

June 8, 2016/

Liewe vriende, Ons is nou in die pylvak van ons Japan besoek, die laaste twee weke van ‘n volle drie maande. Eerskomende naweek preek ek by RCJ Tokushima gemeente. Intussen woon Stephan volgende week ‘n drie-dag RCJ Retreat by vir ampsdraers (suid van Tokyo). Ons laaste…

April 28, 2016/

Beste vriend/vriendin, Die aardbewing rampgebeure skep talle nuwe geleenthede om konkrete nood en behoeftes van mense vanuit die kerk te bedien. In ‘n land met net 1% Christene is die kerk meestal moeilik “sigbaar” in die gemeenskap. Meeste Japannese mense voel ongemaklik, onseker of soms selfs op ‘n manier vyandig…

April 25, 2016/

Beste vriend/vriendin, Onwrigting. Onsekerheid. Angs. Verlies. Die lys is lank … Kumamoto aardbewing se invloed kring dieper en wyer uit.  Die nuutste feite is: 67 000 in mense kan nie terugkeer na hulle huise nie, is in tydelike skuilings.

April 8, 2016/

Inhuldiging seremonie by Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool as voltydse dosent in Pastorale Teologie en Sorg (ingesluit professorale intreerede in Japannees). Diep dankbaar vir die groot geleentheid, en opgewonde oor die pad vorentoe. Loof die Here!

January 22, 2016/

So kom ons tuis in Kobe Die jaar is op spoed, en daarom net kort brokkies nuus uit ‘n sneeu-bedekte Kobe! Ons is ingeskud en vind ons voete in ‘n nuwe leefruimte as deel van KRTS (Kobe Reformed Theological Seminary).

January 20, 2016/

It is with sadness that we announce that Mission Japan will not send Karen Strydom as missionary to the Reformed Church in Japan (RCJ ) anymore.

December 31, 2015/

Dit was baie lekker om tussen Kersfees en Nuwejaar ons nuwe omgewing in Kobe bietjie te kon verken, danksy ons vriende (en mede-sendelinge) Gys en Linda Olivier (en 2 jarige Linie) …  vir meer oor wat in Japan gebeur in die tyd, luister na die (7 minute) onderhoud op RSG…

August 1, 2015/

Aan die “einde” van ons jaar Die somerreën seisoen is verby, maar hemelhoë humiditeit bly ons voorland. ‘n Groen kombers van ryslande omsingel ons buurt.

LAAI NOG >

GEEN MEER BLOGPLASINGS