Ek het onlangs ’n artikel voltooi met die titel Proclaiming and Embodying Peace in Pacifist Japan: a Reformed Church Perspective (in die joernaal Ecclesial Futures). Die artikel kan hier afgelaai word.
Die artikel fokus op deelname aan God se shalom en handel oor publieke getuienis as ’n integrale deel van die kerk se sending, soos weerspieël in die onlangs gepubliseerde Peace Declaration (Vredesverklaring) van ons susterkerk, die Gereformeerde Kerk in Japan (RCJ). Die belangrikheid van die gesprek oor wêreldvrede, pasifisme en shalom spreek vanself, veral in die lig van toenemende wêreldwye spannings en ’n groot verandering in Japan se beleid rakende vrede en pasifisme.
Die navorsing gee aandag aan belangrike internasionale kwessies, naamlik wêreldvrede, globale konflikte en Christelike getuienis in ’n wêreld van groeiende spanning. Die artikel beklemtoon die betekenis van die publieke getuienis van die Christelike kerk en die teologiese grondslag vir pasifisme. Gegewe die feit dat die oorspronklike verklaring in Japanees geskryf is, bied hierdie refleksie oor die oorsprong en teologiese fondasie van die Peace Declaration ’n leesbare insig, in Engels, oor die teologiese agtergrond daarvan.
Sien ook hierdie skakel na ’n verwante artikel wat ek oor die RCJ Vredesverklaring geskryf het.