Beste ondersteuner,
In die golwende massas van Japan kan die sonderlingheid van individuele ontmoetings soms uit fokus raak.
ICHI-GO-ICHI-E (一期一会) beskryf die noodsaaklikheid daarvan om ontmoetings met mense te koester: een-vir-een. Dié Japannese uitdrukking is blykbaar eeue gelede geskep deur ‘n bekende meester van groentee seremonies. Dit kan vertaal word met “slegs hierdie keer” of “eenmaal in ‘n leeftyd”. ‘n Tydige herinnering om enige en elke ontmoeting as waardevol en betekenisvol te ag, omdat dit nie herhaal word nie.
Dít het ek opnuut die afgelope weke besef en beleef, terwyl ek die unieke geleentheid gehad het om deel te wees van twee groot byeenkomste van Christene in Japan.
Kyk na en deel gerus die 4-minute Youtube video, deur hierbo te kliek.
Onthou om die klank van jou rekenaar/slimfoon aan te skakel 🙂
Ons waardeer jou gebede, meelswing en ondersteuning!
Vrede en vreugde,
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)