Groete uit Kobe, waar die herfs kleurvol en koel deurbreek.
Net ‘n kort nota om te noem: eerskomende Sondag 8 Oktober op RSG (100-104 FM of www.rsg.co.za) se radioprogram ‘Binnekamer’ net 07h10-08h00, word ‘n kort onderhoud uitgesaai oor ons werk, as deel van Missie Japan. Kliek hieronder om na die onderhoud te luister.
Maandag (9 Okt) is ek en Carina verantwoordelik om ‘n (Suid-Afrikaanse) braaigereed te hê vir 50 mense (hoofsaaklik tieners). Ds. Tobie en Annalie de Wet ontvang en bedien ‘n groep werkende jongmense in Niihama op dieselfde (vakansie)dag. Ons is geseēnd met baie geleenthede vir betekenisvolle interaksies.
Baie dankie vir elkeen wat saam bid en ondersteun in hierdie dae! Ons vra veral ook vir jou gebede vir ‘n belangrike Missie Japan bestuursvergadering (11 Okt), vir die opkomende sinode van die Reformed Church in Japan in Kobe (17-19 Okt), asook verskeie preke en seminare later die maand in Kobe en Tokushima.
Vrede en Vreugde,
Stéphan, Carina en kinders
