RSG Onderhoud

Groete uit die Suid-Kaap. Vandag is ons besig met Missie Japan vergaderings op ZOOM en ontmoetings by Groot-Brakrivier. Môre is Swellendam aan die beurt waar ek ondersteuners van Worcester gemeentes ontmoet en hierdie naweek lê Buffeljagsrivier se beurt voor. Ons is geseēnd met baie geleenthede vir betekenisvolle en bemoedigende interaksies.

Net ‘n kort nota om te noem: eerskomende Sondag 3 Oktober op RSG (100-104 FM of www.rsg.co.za) se radioprogram “Sondagjoernaal” tussen 07h10-08h00, word ‘n kort onderhoud uitgesaai oor ons as gesin se lewe en werk, as deel van Missie Japan.

Baie dankie vir elkeen wat saam bid, meeleef en ondersteun in hierdie dae! Ons vra veral vir jou gebede vir die laaste ontmoetings en besoeke, en vir die groot Missie Japan vergadering, 11-14 Oktober.

Vrede,

JY KAN DIT OOK HIER LUISTER  met dank en erkenning aan Lizelle De Bruin van RSG Sondagjoernaal