AMPTELIKE ADVERTENSIE:
SENDELING GESOEK
MISSIE JAPAN
‘n Sending-vennootskap van die NG Kerkfamilie en ander Gereformeerde kerke in SA met die Reformed Church in Japan (RCJ).
Missie Japan nooi kandidate uit tot deelname aan ‘n proses om as sendeling na Japan gestuur te word. Sendingwerk in Japan verg ‘n lewenslange roeping, spesiale gawes en ‘n langdurige leerproses (teologie, taal en kultuur); die werf, voorbereiding en uitstuur van sendelinge is daarom ‘n proses in biddende afhanklikheid.
Inherente vereistes:
- Geordende leraar van die NG Kerkfamilie of verwante Gereformeerde Kerke
- Oortuiging van sendingroeping na Japan
- Bereidwilligheid tot en aanpasbaarheid in ‘n kruiskulturele bediening
- Bereidwilligheid/vermoë om Japannees aan te leer
- Vereenselwiging met die unieke Gereformeerde identiteit van die RCJ
- Goeie verhoudinge en effektiewe skakeling met donateurs (“sturende kerk”) en die RCJ (“ontvangende kerk”)
Pligte en verantwoordelikhede:
- Samewerking t.o.v. die werf van fondse
- Taalstudie
- Samewerking met die RCJ leraars in die RCJ Ring van Shikoku
- Fokus op onbereikte 99% van die Japannese gemeenskap
Rig aansoeke voor 31 Januarie 2018 aan:
Dr Gideon van der Watt
Missie Japan
missio@ngkvs.co.za
082 780 8038