Te veel om te deel! Waar begin ons?
Reis ‘n paar weke terug en sien wat gebeur het oor die Kerstyd in Kobe
Hoe het 2023 aan jou kant begin?
Ons is terug op spoed sedert die eerste week van Januarie. Meeste van ons gesin moes onlangs deur ‘n griep episode werk, maar andersins loop dinge sover goed.
Omdat ons weet hoeveel energie die wegspring van ‘n nuwe jaar vereis, wil ons jou nie vermoei met te veel inligting nie, maar deel ons eerder net foto’s met byskrifte van wat die afgelope maand gebeur het. Deur gasvryheid, prediking en vele geleenthede het ons die vreugde van Christus se koms gedeel. Wat ‘n voorreg!
Ons bly afhanklik van jou gebede en ondersteuning vanjaar. Dankie dat ons daarop kan staatmaak.
In verbondenheid en met gebede vir die Here se seën en vrede in jou lewe.
Stéphan, Carina en gesin
Werkspermit Goedgekeur: Oop Deur!
Baie dankie vir almal wat saam gebid het. Die Here het die deur oop gemaak vir (ds) Tobie en Annalie De Wet om DV vir 3 jaar van bediening terug te keer na die Reformed Church in Japan se Shikoku Ring – as brug-sendelinge – in Niihama gemeente.
Hierdie week vind rigtinggewende plaas met Missie Japan leiers.
Bid asb. daarvoor en vir die nodige voorsiening van finansies
en baie ander voorbereidingswerk.
Meer inligting volg binnekort vanuit Missie Japan kantoor.
Kyk intussen na ‘n vorige onderhoud met hulle hieronder op YouTube.