Pinkster Nuusflits | 2018

‘n Getuienis video
 
Groete uit Kobe, wat dag-vir-dag ontvou in ‘n lemmetjiegroen lente lushof.

Dit gaan goed met ons almal, opnuut bewus van die Here se sorg en ons totale afhanklikheid van Hom. Ons gebed is, “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.” (Psalm 90:12)

Die doel van die nuusflits is die deel van ‘n video (korter as 4 min)

Kliek op die rooi “play” knoppie hieronder.

Dis ‘n getuienis met die oog op Pinkster – ideaal vir gebruik in eredienste.

Baie dankie vir elkeen wat dit kan deel. Ons gebedsversoeke volg hieronder. Onthou ons asseblief in jou gebede.
 
Seën met Pinkster!
Stéphan, Carina en kinders

Sake vir Gebed

DANK DIE HERE SAAM MET ONS VIR:
  • ‘n Geseënde Aprilmaand – die begin van ons akademiese jaar.
  • Baie sinvolle ontmoetings met allerlei gaste wat ons besoek het, o.a. uit SA en Rusland.
  • Agt nuwe studente wat goed aanpas en vorder by KRTS.
  • Sy leiding met die bekering van Hiromi (skuilnaam) vir wie ons lank gebid het.
VRA SAAM MET ONS VIR SY SORG EN GENADE VIR:
  • Hiromi se nuwe lewe as Christen, haar getuienis teenoor haar gesin.
  • Carina se gesondheid, tuisonderrig dagtake, gasvryheids-bediening ens.
  • Stéphan se klasgee, navorsing vir nuwe kurrikulum se opbou.
  • Sy besoeke aan Fukuoka en Osaka vir preekbeurte (13 en 27 Mei) .
  • Sy bywoning ‘n landswye byeenkoms van teologiese dosente (25-26 Mei).
  • Nuwe sendeling-kandidate, Elmar en Nadine Du Rand se werk om ondersteuning te werf vir hulle koms na Japan (DV Maart 2019).
  • Gys en Linda Olivier se lewe en werk by SEIWA Christenskool in Kochi.