By KRTS leer ons nie net oor teologie in klaskamers nie,
maar ook daarbuite deur saam-skoonmaak én saam-sorg vir ons omgewing.
‘n Laaste paar verdwaalde sneeuvlokkies word die afgelope dae rondgeslinger deur die winde van verandering. Vroeg-oggend hoor ek reeds (‘n paar weke vroeër as gewoonlik) die Japannese nagtegaal sing. Duidelike en helder tekens van die lente wat oppad is in Kobe. Hoe draai die seisoen aan jou kant, terwyl Lydenstyd verdiep?
Deputasie op die horison
Daar’s ‘n ellelange lys van onlangse ontmoetings en gebeure uit ons bediening, maar terugvoer daaroor sal moet oorstaan tot ‘n volgende nuusflits. Dan vertel ek in detail meer. Hierdie keer fokus ek net op ons opkomende deputasie besoek aan Suid-Afrika: 24 Mei tot 7 September.
Die doel is hoofsaaklik: besoeke / terugvoer aan (soveel as moontlik) ondersteunende gemeentes en individue, strategiese beplanning en visionering saam met Missie Japan leiers, asook broodnodige rus en kuiertyd saam met familie en vriende. Tussen 22 Aug en 2 Sept sluit ‘n groep van ses Japannese besoekers uit die RCJ ook by ons aan vir ‘n diakonale studietoer. Ons besoek word voorafgegaan deur ‘n tyd van studieverlof en preekbeurte, onderskeidelik in Engeland (by OCMS) en Skotland. Meer daaroor ook volgende keer.
Voorlopige besoek skedule
Die besoekpunte / afsprake wat al vasgeknoop is in SA, is soos volg:
Vr. 24 Mei: Land in Kaapstad
So. 2 Jun: George
Do. 6 Jun: Vanstadensrivier/ Gqeberha
So. 9 Jun: Humansdorp
Di. 11 Jun: Worcester
Wo. 12 Jun: Op die Berg (Ceres)
Do. 13 Jun: Bonnievale
So. 16 Jun: Stilbaai
So. 23 Jun: Riversdal
So. 30 Jun: Albertinia
So. 7 Jul: Stellenbosch-Wes
Do. 11 Jul: Graaff-Reinet en Aliwal-Noord
Vr. 12 Jul: Bloemfontein (Pellissier Sending-konferensie)
Sa. 13 Jul: Bloemfontein (Pellissier) en Hoopstad
So. 14 Jul: Hoopstad en Bloemfontein
So. 21 Jul: Bredasdorp
So. 28 Jul: Swellendam
Di. 30 Jul: Missie Japan AGM (Stilbaai)
Wo. 31 Jul: Missie Japan AGM (Stilbaai)
Do. 1 Aug: Missie Japan AGM (Stilbaai)
So. 4 Aug: Stellenbosch (Moederkerk) en La Rochelle
So. 11 Aug: Groot Brakrivier
So. 18 Aug: Welgemoed
Do. 22 Aug: Heroldsbaai (ontvang groep uit Japan)
Vr. 23 Aug: Heroldsbaai en George
Sat. 24 Aug: Buffeljagsrivier en Swellendam
Son. 25 Aug: Buffeljagsrivier, Swellendam en Stellenbosch (Kruiskerk)
Ma. 26 Aug: Wellington (Kaapkerk Diaconia by AMSS)
Di. 27 Aug: Wellington (Kaapkerk Diaconia by AMSS)
Wo. 28 Aug: Pretoria Univ. (Konferensie oor Diakonaat)
Do. 29 Aug: Pretoria Univ. (Konferensie) en Drie Riviere
Vr. 30 Aug: Bothaville en Hoopstad
Sa. 31 Aug: Botshabelo Diakonale Projek
So. 1 Sep: Bloemfontein (Berg-en-Dal en Pellissier)
Sa. 7 Sep: Vertrek na Japan (uit Kaapstad)
Ons sien uit om jou iewers by een/meer van die bg. geleenthede te sien! Ons basis is op Stilbaai te danke aan Carina se ouers wat hulle huis vir ons beskikbaar stel. Wat ons wel nog oor kopkrap is vervoer. Kan jy dalk help? (lees verder)
Bid asb. saam met ons vir als wat voorlê (meer gebedsversoeke hieronder).
Vrede en vreugde,
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan
VERVOER PROJEK
Ons gaan ‘n groot motor moet huur in SA om as gesin saam te kan reis.
Daarom neem ons vrymoedigheid om te vra of daar dalk individue / kleingroepe / gemeentes is,
wat hierdie uitgawes as spesiale projek wil aanneem voor ons koms.
As jy / julle ‘n bydrae wil maak, kontak my @ jsvdwatt@gmail.com of
Sanet Annandale by die Missie Japan kantoor @ sanet@ngkvs.co.za
*** Missie Japan bankbesonderhede ***
Rekeningnaam | Missie Japan
Bank | ABSA
Takkode | 632005
Rekeningnommer | 4049690248
Verwysing | Eie Naam & Van + DEPUTASIE
GEBEDSVERSOEKE
- Vier nuwe studente wat in April deel word van KRTS, en hulle gesinne.
- Johan en Elsabé du Plessis wat ons einde Maart namens NG Kerk Hoopstad en Missie Japan besoek t.w.v. ons emosioneel-geestelike ondersteuning.
- Heropbou en ondersteuningswerk in aardbewing rampgebied.
- Tobie en Annalie de Wet se bediening by RCJ Niihama – vir die Here se leiding en sorg in alles.
- Ons gesondheid en voorbereiding vir deputasie en ander besoeke.
- Stéphan se preekbeurte en seminare by RCJ Otokoyama (Kyoto), RCJ Shinkō (Kobe) en RCJ Shiga-Setsuri (Shiga) in die komende weke.