
Ons vier vandag die Lente se koms tussen Kersiebome …
en die gedig TREES van Joyce Kilmer (deel van Annlie se skoolwerk)
klink helder in my gedagtes op:
I think that I shall never see
A poem lovely as a tree.
A tree whose hungry mouth is prest
Against the earth’s sweet flowing breast;
A tree that looks at God all day,
And lifts her leafy arms to pray;
A tree that may in summer wear
A nest of robins in her hair;
Upon whose bosom snow has lain;
Who intimately lives with rain.
Poems are made by fools like me,
But only God can make a tree.
Baie dankie dat vir jou ondersteuning as deel van Missie Japan se gebedsnetwerk.
Hier volg ons huidige sake vir gebed. Deel dit asb. ook wyer met ander gebedsvriende.
Vrede en vreugde, in Christus.
Stephan en Carina
April is die begin van die akademiese en finansiële jaar in Japan…
- 3 April: Opening van RCJ Kobe Kweekskool. Dank die Here vir 8 nuwe studente
- 5 April: Stephan preek by Marugame Sendingpos (Paasfees).
- 6 – 7 April: Stephan doen 2 sessies oor Pastorale Sorg met Shikoku Ring predikante
- 7 – 8 April: RCJ Shikoku Ringsitting by Matsuyama Stad
- 19 April: Stephan preek by Tokshima gemeente en Carina doen Happy Kids
- 20 – 25 April: Hul gesin gaan met ‘n kort verlof naby Tokushima
- 26 April: Stephan preek by die English Fellowship by Tokushima gemeente (met klompie Internasionale vriende en plaaslike gemeentelede)
- 30 April – 1 Mei: Stephan is betrokke by dosering van Pastorale Sorg by Kweekskool.
Ander sake rondom Stephan en Carina se gesin:
- Daaglikse tuisonderrig van die kinders wat veral deur Carina behartig word, vir krag en leiding.
- Hul Japannese studies: Elke Woensdag doen ‘n Japannese onderwyser Japannese studie afsonderlik met Stephan en Carina en Annlie. Annlie kom baie goed aan met haar Japannese studies. Dankbaar!
- Hul betrokkenheid by nie-Christene in hul omgewing.
- Stephan se voorbereidings en administrasie werk elke dag (in 3 tale).
- Hul gesins- en huwelikslewe.
- Hul geestelike lewe, tyd vir stil word, omgang met die Here, luister na Sy Woord en gebed.
- Die proses rondom hul beplande skuif na RCJ Kobe Kweekskool DV teen einde 2015.
Gys en Linda en Linie Olivier by Seiwa Christenskool in Kochi Stad:
- Hul nuwe skooljaar wat hierdie maand begin en hul onderrig van en daaglikse getuienis teenoor (meestal) nie-Christen skooldogters.
- Hul meelewing met RCJ Yamada kerk en hul rol in die English Bible Study.
- Hul huweliks- en gesinslewe en Linie wat daagliks by ‘n Japannese Kleuterskool inskakel.
- Hul geestelike lewe en groei.
RCJ Tokushima gemeente:
- Hul geestelike groei
- “Soekers” wat sal versoek om gedoop te word
- ‘n Jongman, mnr. Y wat nou al 5 jaar gereeld by die gemeente inskakel en op die oomblik besig is met doopkategese.
- Miwa Terauchi wat saam met Carina verantwoordelikheid vir Happy Kids neem, asook vir die Sondagskool.
- Happy Kids, dat die saad in ontvanklike harte sal val en vrug dra en vir wysheid en leiding om vorentoe die ma’s te betrek by kerklike aktiwiteite.
RCJ Shikoku Ring
- Ringsitting wat 7 & 8 April plaasvind en waar Karen Strydom, wat besig is om haar roeping na Japan met haar gemeente, gesin en vriende deur te werk, se saak ook bespreek sal word. Die Koreaanse sendeling Ds. Chan word amptelik aanvaar as sendeling-pastor by Shimizu Sendingpos.
- Ringsgemeentes wat krimp as gevolg van lidmate wat ouer word, jonger mense wat na groot stede trek en kinders wat a.g.v. ‘n besige skoolprogram nie maklik Sondagskool en eredienste kan bywoon nie…
- Enkele vakante gemeentes en gemeentes wat nie ‘n leraar kan bekostig nie.
- Herlewing!
- Drie jong leraars vanuit die Ring wat in Mei-maand as deel van ‘n amptelike RCJ toergroep Suid-Afrika en gemeentes in SA besoek.
- Ons dank die Here vir ‘n geseënde huweliksverrykings-retraite.
Missie Japan Komitee
- Gideon Van der Watt (sekretaris) wat steeds besig is om te herstel van ‘n hondbyt-voorval in Desember
- Wysheid en leiding met reëlings van die RCJ Predikante besoek in Mie-maand
- Wysheid en leiding rondom Karen Strydom, as nuwe sendeling kandidaat.