Gebed boekmerk

vir daaglikse gebed

"Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus."
2 Korintiërs 4:5
Maandae
月曜日
Bid vir Missie Japan se sendelinge en hul gesinne:
  • Hul roeping en volharding, hul fisiese-, emosionele- en geestelike welsyn, hul huweliks- en gesinslewe, die opvoeding van hul kinders, hul deel-wees van en geloofwaardige getuienis binne hul gemeenskappe, hul bedieninge en hul families tuis.

  • Stéphan en Carina van der Watt en hulle kinders: Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan wat in Kobe woon. Stéphan is ‘n dosent by die Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool. Carina lei onder andere ‘n vroue- en kinderbediening by RCJ Kita Kobe gemeente en is ook voltyds verantwoordelik vir hul kinders se tuisskool onderrig en veelvuldige gasvryheidsbedieninge.

  • Tobie en Annalie de Wet het in April 2023 begin met ‘n driejaar lange kerklike bediening in die RCJ Niihama gemeente. Hulle getuienis en die bou van vertroue in die gemeente en gemeenskap te midde van baie uitdagings, verg sensitiewe en sorgsame betrokkenheid.
Dinsdae
火曜日
Bid vir die Reformed Church of Japan (RCJ)
  • Die sinode, ringe, (140) gemeentes en leraars van ons susterkerk in Japan en hul roeping tot diens en getuienis binne Japan en in verskeie lande, onder andere Hongarye, Gambië en Kambodja.

  • Die roeping en opleiding van nuwe leraars, evangeliste en gemeenteleiers.
Woensdae
水曜日
Bid vir samewerking met twee ringe van gemeentes
  • Die ring van Shikoku en al die (17) klein gemeentes op die eiland; die Westelike ring van (34) gemeentes in die Kobe-Osaka-Tokyo omgewing.

  • Die Woordbediening, pastorale werk, jeugwerk, getuienis na buite, die groei van die kerk.

  • Die ringsaktiwiteite, toerusting van lidmate, sowel as bedieninge aan kinders en jongmense en ons sendelinge se betrokkenheid daarby.
Donderdae
木曜日
Bid vir die land Japan
  • Die mense van Japan, regeringsleiers, veiligheid en ekonomie van die land, gespanne verhoudinge met buurlande (Noord-Korea en China), vir vrede te midde van geo-politiese uitdagings.
  • Die uitdra van die evangelie in ‘n konteks waar minder as 1% van die bevolking van 125 miljoen Christene is.
Vrydae
金曜日
Bid vir Missie Japan as vennootskap
  • Missie Japan se ondersteuningsbasis, al die individue en gemeentes wat deel in die roeping en die werk ondersteun – bid dat die ondersteuning volhoubaar sal groei.

  • Missie Japan kantoor (Bloemfontein) en al die administratiewe verantwoordelikhede.

  • Wyse leierskap en geloofsonderskeiding in die organisasie,’n duidelike roeping en visie.

  • ‘n Volgende generasie leiers wat na vore moet tree.
Saterdae
土曜日
Bid vir kerklike verhoudinge
  • Verhoudinge tussen die RCJ en die NG Kerk-familie, om een visie vir wêreldsending te deel.

  • Wedersydse respek en sensitiwiteit, wedersydse besoeke, onderlinge hulp en gesamentlike projekte en uitruilprogramme.
Sondae
日曜日
Bid vir die eredienste op 'n Sondag
  • Eredienste, verkondiging van die Woord, versterking en toerusting van gelowiges, jonk en oud.

  • Spesiale eredienste vir “soekers” en nuwelinge, verdiepte geloofsgemeenskap, gerigtheid na buite deur pastorale/diakonale sorg en evangelisasie.