Beste vriend/vriendin,
Onwrigting. Onsekerheid. Angs. Verlies. Die lys is lank … Kumamoto aardbewing se invloed kring dieper en wyer uit.
Die nuutste feite is:
- 67 000 in mense kan nie terugkeer na hulle huise nie, is in tydelike skuilings.
- Siektes soos diarreë en griep versprei vinnig.
- Nabygeleë aktiewe vulkaan (Aso) kan dalk uitbars.
- Radioaktiewe vlakke is 2-3 keer hoër as gewoonlik (oorsaak onseker).
- Naby geleë kernkrag sentrales wek kommer.
- 837 naskokke hoër as 1 op die rigterskaal is reeds beleef, duur voort.
- Gevare van verdere modderstortings (reën woord vir die heel week voorspel).
Twee uitreik projekte geloods
Missie Japan, en ons as gestuurdes van RCJ Shikoku Ring, is saam met die Kobe Kweekskool (www.krts.net ) direk betrokke by die ramp.
Die kweekskool se dekaan, Prof. Takashi Yoshida, is steeds aktief betrokke by die Sendai tsunami rampgebeure van 2011 (waar hy gewoon en gewerk het tot 2014). Hy het dadelik aangebied dat studente vrygestel word om hierdie keer ondersteuningswerk in die Kumamoto rampgebied te gaan doen. Want, soos hy Vrydag tydens ons uitstuur-geleentheid beklemtoon het uit Jakobus 2:17, “as geloof nie tot dade oorgaan nie, is dit dood”. (sien foto hierbo)
Die ondersteuning sal gebeur d.m.v. twee uitreikgroepe. Ek sal die eerste groep neem – saam met drie ander teologiese studente – vanaf Maandag tot Vrydag, 25-29 April. Die tweede groep sal 9-13 Mei uitreik.
Missie Japan het reeds ʼn ruim bedrag hiervoor bewillig. Dit is in die geloof gedoen dat die Here die nodige middele sal voorsien. Ons nooi graag gemeentes/individue uit om bydraes te maak.
Die rekening besonderhede is soos volg:
Bank: ABSA
Naam: Missie Japan
Nommer: 4049690248
Onthou asb. om jou naam en die verwysing ‘KyushuRamp’ by te voeg
Bid asb. saam vir:
- Die Kumamoto rampgebied se slagoffers wat diep verlies en lyding moet verwerk. Vir God se genade en troos.
- Interkerklike netwerk se veelvuldige uitreike in die rampgebied. Vir ‘n helder getuienis van Christus se liefde en hoop te midde van pyn en swaar.
- Ons veiligheid op die pad (ongeveer 10 ure se ry vanaf Kobe) – ons vertrek 03:00 Maandag oggend.
- Emosionele en fisiese energie om aktief te kan luister, en allerlei ondersteuningswerk te doen.
- Wysheid om te onderskei waarop om te fokus in ons betrokkenheid, en vir ontvanklikheid van die ramp geteisterdes.
- Om die dieper behoeftes van slagoffers te identifiseer, veral dié wat geïsoleer is, bv. bejaardes.
- Finansiële bydraes om hierdie uitreike se befondsing te dek.
Baie dankie dat ons op jou ondersteuning kan staatmaak!
Vrede,
Stéphan