Tuisbesoek-flits | 2011

Beste vriend/vriendin,

Na ‘n paar maande van intensiewe (tussendeur) beplanning, bespreking en voorbereiding is ons binnekort gereed om te vertrek na Suid-Afrika vir ons eerste tuisbesoek. In die laaste week of twee voor ons vertrek ontvang ons ‘n paar vriende aan huis en neem op dié manier stuk-stuk afskeid van Japan … net vir ‘n wyle natuurlik.

‘n Aksie-belaaide vooruitsig

Met twee erg woelige kleuters aanboord behoort ons ‘n reis te beleef propvol aksie. Vir Cornelius is dit ‘n eerste ontmoeting met Suid-Afrika en ‘n hele string familie en vriende … omtrent opwindend!  In die eerste deel van ons besoek neem ons ook ons volle jaarlikse verlof. Ons sien uit daarna om goed te rus en te kuier vóórdat die program afskop, en ook so af en toe tussen-in natuurlik.

Bekenstellings- en terugvoer-geleenthede

Heelonder is ons besoek-program. Enige iemand is welkom om enige van die byeenkomste by te woon. Dié wat met ‘n asterisk (*) gemerk is, is gemik op spesifieke genooides. Kontak my gerus as jy graag een van daardie geleenthede wil bywoon of met enige ander navrae. Ek sal ongelukkig nie gedurende Junie-maand veel op e-posse reageer nie. Ons Suid-Afrikaanse selfoon-nommer is 072 034 6515.

Die nuutste oor Missie Japan se betrokkenheid in die rampgebiede

Tobie en Annalie het verlede Sondag terug gekeer na hulle besoek aan die rampgebied. Nadat hulle op 10 Mei aan ‘n baie sinvolle interklike vergadering in Sendai kon deelneem het (skoonpa) Tobie ‘n kort opsomming gemaak van die huidige situasie en uitdagings. Lees dit hier en sien ook ‘n paar foto’s van hulle besoek.

Die voorstel op die tafel is dat hulle (Tobie en Annalie) vanaf Julie aanvanklik vir drie maande in die rampgebied sal woon om die kerk en die gemeenskap te bedien. Alles word DV môre by ‘n amptelike vergadering van die RCJ Shikoku Ring se Sending-samewerking kommittee (en Sondag by RCJ Tokushima se kerkraad) bevestig. Missie Japan het – saam met ander samewerkende kerke – voorgestel dat ‘n berading-sentrum opgerig word in die gebied en hiervoor moet Tobie ook ‘n spesiale vergadering op 9 Junie in Sendai gaan bywoon.

Ons is baie dankbaar oor hierdie moontlikhede. Dit word ook grootendeels gedra deur jarelange ondersteuning van gelowiges en gemeentes uit Suid-Afrika en hegte bande tussen die RCJ en NG Kerkfamilie. Die Here het reeds sedert 1970 hierdie pad voorberei en Tobie en Annalie was sedertdien verál instrumenteel hierin. Kliek gerus hier om te lees hoe Tobie (tobiedewet@hotmail.com) hierdie lang pad op ‘n kleurvolle manier beskryf in die lig van die onlangse rampgebeure.

Ondersteuners voeg daad by woord en inspireer …

Sedert die drie-dubbele ramp (aardbewing, tsunami en radio-aktiewe bestraling) Japan getref het op 11 Maart is ons (ten goede) oorval met bemoedigende oproepe, e-posse ensovoorts, om ramp-geteisterdes op allerlei maniere te ondersteun. Van mense (Suid-Afrikaanse ondersteuners) wat aanbied om te kom opruimwerk of berading doen, tot diegene wat oorweeg om Japanese mense aan huis te neem (in SA) of selfs om weeskinders uit Japan aan te neem. En natuurlik het honderde individue en gemeentes in gebed ingetree of hulle hande diep in hulle sakke gesteek om Missie Japan se rampfonds – en uiteindelik die RCJ se hulpverlening op grondvlak hier – te versterk.

Lees hier verder aan (en sien foto’s van) 3 kort grepies uit onlangse inisiatiewe wat ondersteuners met groot ywer geloods het …

Het jy ‘n kreatiewe idée wat op grondvlak ‘n verskil kan maak?

Gebedsversoeke

Dank die Here saam met ons vir:

  • Sy sorg i.t.v. die verstommende klomp ondersteuning wat ons ontvang het die afgelope 2 jaar in Japan.
  • ‘n Baie sinvolle en geseënde tyd van aanpassing, verhoudinge bou en Japannese taalstudie, veral ook gedra deur ons broers en susters in Tokushima en verder hier.

Vra in afhanklikheid van die Here vir Sy sorg in:

  • Geestelike-emosionele en fisiese krag vir ons as gesin vir die tyd wat voorlê in Suid-Afrika.
  • Verdere volhoubare ondersteuning deur gemeentes en individue wat die ontmoetings sal bywoon – veral i.t.v. langtermyn-betrokkenheid in die ramp-geteisterde gebiede.
  • Die gesprekke rondom Tobie en Annalie se moontlike betrokkenheid in die rampgebied (wat pastorale werk sal insluit maar ook fisiese handearbeid), en ook vir duidelike leiding en voorsiening wat ‘n berading-sentrum betref.

Ons waardeer jou meelewing en sien uit om jou in Suid-Afrika te ontmoet (indien moontlik)!

Vrede en vreugde

Stéphan, Carina, Annlie en Cornelius

    
 

Van der Watt Tuisbesoek-program –  Junie 2011 tot Augustus 2011

 

 

Junie 2011

 DatumPlekTyd
 Son. 19 Jun.Humansdorp (Oos-gemeente)09h00
 Son. 19 Jun.Humansdorp (Moedergemeente)18h00
 Ma. 20 Jun.Patensie (Gamtoosvallei-Oos gemeente)12h00
 Ma. 20 Jun.Joubertina18h00
 Di. 21 Jun.Vanstadensrivier09h00
 Di. 21 Jun.Pietermaritzburg (Hayfields gemeente)18h00
 Woe. 22 Jun.PE – NGK in Oos-Kaap Sinodale Kommissie*10h00
 Woe. 22 Jun.PE Sherwood19h00
 Do. 23 Jun.PE Sionsrand18h00
 Vry. 24 Jun.PE Hoërskool Grey*08h30
 Vry. 24 Jun.PE Hoogland – Bless the Nations Konferensie*10h00
 Sat. 25 Jun.PE Hoogland – Bless the Nations Konferensie09h00
 Son. 26 Jun.Alexandria10h00
 Son. 26 Jun.Grahamstad (Albanie gemeente)17h30
 

 

Julie 2011

 Son. 3 Jul.Groot-Brakrivier10h00
 Son. 3 Jul.Stilbaai18h00
 Son. 10 Jul.Hartenbos08h00 & 10h00
 Di. 12 Jul.Oudtshoorn (Moedergemeente)09h00
 Di. 12 Jul.Heroldsbaai13h30
 Di. 12 Jul.George (Suid-gemeente)18h00
 Woe. 13 Jul.Uniondale09h00
 Woe. 13 Jul.Graaff-Reinet (Grootkerk)18h00
 Do. 14 Jul.De Aar (Moedergemeente)11h00
 Don. 14 Jul.Hertzogville18h00
 Vry. 15 Jul.Steynsrus*13h00
 Vry. 15 Jul.Reitz18h00
 Sat. 16 Jul.Kestell09h00
 Sat. 16 Jul.Petrus Steyn14h30
 Son. 17 Jul.Bothaville (Moedergemeente)09h30
 Son. 17 Jul.Viljoenskroon18h00
 Ma. 18 Jul.Parys (Suid-gemeente)09h00
 Ma. 18 Jul.Sasolburg (Fontein-gemeente)12h30
 Ma. 18 Jul.Vereeniging (interkerklike dinee)*18h30
 Di. 19 Jul.Bloemfontein – Heuwelsig gemeente16h00
 Di. 19 Jul.Bloemfontein – Andrew Murray gemeente19h00
 Woe. 20 Jul.Bloemfontein – Universitas-Wes gemeente09h00
 Vry. 22 Jul.Hoopstad10h00
 Son. 24 Jul.Bloemfontein – Berg-en-Dal gemeente09h30
 Son. 24 Jul.Bloemfontein – Aandbloem gemeente15h45
 Son. 24 Jul.Bloemfontein – Gardeniapark gemeente18h00
 Ma. 25 Jul.Kroonstad (Oos-gemeente)12h00
 Ma. 25 Jul.Hennenman (Oos-gemeente)18h00
 Woe. 27 Jul.Bloemfontein – Missie Japan Bestuursvergadering*Heeldag
 Do. 28 Jul.Bloemfontein – Missie Japan Bestuursvergadering*Heeldag
 Sat. 30 Jul.Barkly-Oos10h00
 Son. 31 Jul.Aliwal-Noord08h30 & 10h00
 Son. 31 Jul.Burgersdorp18h00
 

 

Augustus 2011

 Ma. 1 Aug.Cradock (Oos-gemeente)11h00
 Vry. 5 Aug.Swellendam (Ouetehuis)10h00
 Son. 7 Aug.Bredasdorp09h30
 Son. 7 Aug.Albertinia18h00
 Woe. 10 Aug.Pinelands18h30
 Do. 11 Aug.Citrusdal10h30
 Vry. 12 Aug.Kommissie vir Getuienisaksie (Sinodale kantoor)*09h30
 Vry. 12 Aug.Tableview12h00
 Sat. 13 Aug.Stellenbosch10h00
 Son. 14 Aug.Welgemoed09h00
 Son. 14 Aug.Paarl (Paarlberg gemeente)18h00
 Ma. 15 Aug.Goodwoodpark*18h00
 Di. 16 Aug.Belville (La Rochelle gemeente)*17h00