Carina en kinders by Kobe Museum
So kom ons tuis in Kobe
Die jaar is op spoed, en daarom net kort brokkies nuus uit ‘n sneeu-bedekte Kobe!
Ons is ingeskud en vind ons voete in ‘n nuwe leefruimte as deel van KRTS (Kobe Reformed Theological Seminary). Tussen Kersfees en nuwejaar was daar tyd vir asem skep en kuier saam met ons mede-sendelinge, die Oliviers uit Kochi stad. Intussen is alle werk en skool aktiwiteite op volle vaart. Lees hier hoe Carina iets van haar ervaringe as tuisskolende ma beskryf.
Vir miljoene Japannese is 2016 die “Jaar van die Aap”. Vir baie hou dit blykbaar besondere geluk in, en party jong mans in Kobe (6000 om presies te wees) het vir mekaar probeer hakskene wys om hulle geluk los te nael! Kliek hier vir ‘n 1-minuut video oor die 400-jaar oud nuwejaars-tradisie.
Maar hoe het die meerderheid Japannese hulle nuwejaar gevier, en wat gebeur oor Kersfeestyd in Japan? Vir meer hiervoor, luister gerus na ‘n kort onderhoud wat gevoer is op RSG se Sondagjoernaal.
Mag 2016 vir jou ‘n geseënde en betekenisvolle jaar wees!
Vrede en vreugde,
Stéphan
(ook namens Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan jnr.)

Verder was daar – buiten die daaglikse werk by die kweekskool – allerhande kuiers, tuisskool uitstappies, sing van kersliedere saam met kweekskool studente (by ‘n treinstasie) ens. Die mengelmoes van foto’s hieronder vertel iets daarvan.




OP SOEK NA SENDELING ONDERWYSERS
Verlede week het Ds. Johann Symington van Tokyo Union Church my gekontak met nuus oor ‘n geleentheid vir iemand om te dien in Japan.
The United Church of Christ in Japan (Kyodan) related Christian schools are in great need of “missionary-teachers” for the English conversation classes. They need committed Christian teachers, with a hope to influence students through them with Christ’s value and love, instead of hiring some professional native speakers via human resource agents.
Vir meer inligting, kontak gerus vir ds. Symington by
dsjohannsymington@gmail.com

Ons nooi jou graag uit om meer aktief en doelgerig saam te bid vir ons lewe en werk via Missie Japan.
Hier volg ons gebedsversoeke vir Februarie 2016:
- Ons visie is om vanjaar meer van Psalm 108:3 uit te leef, “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde”. Bid asb. om leiding en krag van die Heilige Gees hiervoor.
- Loof die Here vir ons nuwe tuiste en omgewing in Kobe, by die Kweekskool. Dis ’n ruim en mooi lewensruimte.
- Bid asb. saam vir ons aanpassing hier. Vir geleenthede om nuwe verhoudinge te bou en verdiep, d.m.v. gasvryheid. Vir diep vrede en vreugde te midde van gereelde ervarings van eensaamheid.
- Bid asb. vir Carina se groot verantwoordelikhede i.t.v. tuisskool van ons vier kinders. Vir krag, insig en liefdevolle geduld. Vir nuwe, gesonde vriendskappe vir ons kinders.
- Bid asb. vir Stéphan wat fokus op die skep van ’n nuwe kurrikulum in pastorale sorg en berading (in Japannees). Ook vir ander verantwoordelikhede i.t.v. die begeleiding en geestelike versorging van studente, bidure, kapeldienste ens.
- Bid asb. vir ons inskakeling by ’n nuwe gemeente (RCJ Kobe-Noord) en ons toekomstige betrokkenheid hier, asook steeds as deel van die ring van Shikoku en ander RCJ gemeentes se bedieninge.