‘n Spesiale ontmoeting tussen Hoopstad en Tokushima

Elsabe en Johan by ‘n pelgrim op die Shikoku 88 tempelroete

Gedurende die laaste week van September het ‘n baie spesiale ontmoeting gebeur in Tokushima
 
Ons is besoek deur die Du Plessis- gesin uit Hoopstad (Elsabé, Elaine, Jac, Johan en Johan (jnr.). Hulle plaaslike (NG Kerk) gemeente, in oorleg met Missie Japan se bestuur, het hulle amptelik afgevaardig om ons te besoek vir ‘n week. Hulle het saam met ons baie nuwe mense ontmoet, die RCJ kerk bedien met ondersteuning en bemoediging en iets van die lewe hier in Tokushima en omgewing deurleef. Dit was ‘n groot seen! Ons as sendelinge is versterk en die Du Plessis gesin keer verryk terug na Hoopstad om daar (én verder) te getuig van God se werk in Japan.
 

Hulle het elkeen ‘n vraag beantwoord oor hulle belewenisse hier:

Johan (snr.): Wat maak jou opgewonde  / hartseer oor Japan? …

“Ek was opgewonde om te ervaar hoe baie ons besoek vir die kerk in Japan beteken het. Ons kon hulle waardering aanvoel. Dit was hartseer om die geestelike armoede in Japan se mense te beleef.”

Elaine (13): Die grootste verrassing van hierdie besoek was … 

“Al die aktiwiteite wat ons gedoen het, en gesonde kos wat ons ge-eet het.”

Johan (jnr.) (13): Ek wil beslis weer na Japan toe kom want … 

“Die paaie beweeg vinnig. Aan die begin van elke kerkdiens gesels almal lekker. Die mense  is baie vriendelik en jy kry vinnig koeldrank in die hande. Dit is baie lekker om ‘n vol dag te he en die hele tyd iets te doen. Alles is naby aan jou huis. Al die mense werk baie hard en is besig. Die klimaat is baie lekker.”

Elsabe: As ek nou vir Japan bid …

“Sien ek die mense, hul huise en lewens voor my. Eerstens die Japanese en tweedens die Van der Watts en De Wets – ons was bevoorreg om ‘n kykie te kry daarin. Ek kan bid met groter begrip en insig in hul behoeftes en vreugdes. En met groter dankbaarheid vir God se troue sorg en voorsiening.

Jac (11): Wat het jy die meeste geniet van die besoek aan Japan? …

Die Sciens-plek. Ek het dit baie  geniet. Dit was baie interesant.”