Liewe ondersteuners,
Hartlike groete uit Missie Japan se kantoor. Dit gaan baie goed met ons. Terwyl dit lekker warm somer in Japan is, bibber ons hier in Bloemfontein van die koue.
Uit die onlangse Nuusbrief van Stéphan en Carina hoor ons dat dit goed gaan met hulle. Ons is baie bly, veral ook dat hulle so besonder goed aanpas in Japan en so fluks vorder met die taalstudie. Hulle sien daarna uit dat Tobie en Annalie de Wet (hulle ouers) oor ‘n paar weke kom kuier. Dan gaan hulle almal vir ‘n tyd lank na die rampgebied in die Noord-Ooste om die mense daar te gaan ondersteun. Ons bid dat ook hierdie besoek baie geseënd sal wees.
Intussen het ons ook ‘n mooi nuusbriefie van Gys en Linda Olivier ontvang. Hierdie pragtige twee jongmense is ook sendelinge van Missie Japan. Hulle is betrokke by ‘n Seiwa School, ‘n Christen-skool in Koichi stad op die eiland Shikoku. Hulle werk staan ook in noue verband met die Reformed Church in Japan, ons vennote daar. Ook hulle werk en hele benadering word baie waardeer deur ons vriende in Japan. Hulle moes onlangs ‘n soort “item” oor Suid Afrika lewer en dit het selfs die eiland se TV Nuus gehaal. Kliek hieronder op die YouTube video of kyk gerus by http://www.youtube.com/watch?v=5QEOpllpv78&feature=share of op die webwerf van Abraham Kriel Kindersorg se spoghoekie (Linda is ‘n trotse produk van Abraham Kriel!). Ons is ook dankbaar vir Ds Marais Strydom wat hulle onlangs besoek het.
Vriendelike groete
Dr Gideon van der Watt
Posbus 1399/PO Box 1399
Bloemfontein, 9300
Suid Afrika/South Africa
+2751 4066729 / +27827808038