Beste vriende
Op Sondag 10 November om 13h51 is ons seun Stephan De Wet (Van der Watt) (noemnaam: Stephan) in Tokushima gebore. ‘n Stewige 4 kg, en 52cm altesaam … drink goed en lyk gesond. Carina is uitgeput, maar verlig-tevrede.
Ons harte klop warm-dankbaar vir ons Skepper oorweldigende genade … wat Hy gedoen het vervul ons met verwondering (Psalm 139)!
Dankie vir al die ondersteuning en gebede.
Met vreugde
Stéphan en gesin
