Ryslande agter ons huis
Beste vriend/vriendin,
Ons sal dit baie waardeer as jy die volgende punte deel van jou gebedslys sal maak:
Dank die Here saam met ons vir:
Ons het ‘n baie geseënd 11 weke in Suid-Afrika beleef, honderde bemoedigende ondersteuners op meer as 50 plekke ontmoet, en spesiale tye saam met familie en vriende in ons mooi land geniet. Stephan het ook ‘n baie sinvolle konferensie oor pastorale sorg in Nieu-Seeland bygewoon.
Ons is dankbaar om veilig “tuis” en weer in ‘n gesonde roetine te wees, en om te midde van bedompige somerhitte en vlugflouheid weer voete te kon vind.
Ons waardeer veral in dié tyd ons twee geloofsfamilies (RCJ Tokushima en RCJ Tokushima-Wes) wat ons met groot warmte en gasvryheid terug ontvang het.
Wees saam met ons afhanklik voor God vir:
Bid asb. vir Carina vir krag, gesondheid en geduld in die swangerskap (laaste 8-9 weke lê voor).
Bid asb. vir kinders se her-aanpassing in kleuterskool en gemeenskap
Bid asb. vir almal se Japannese taalstudie en die aanbied van Engelse klasse vir kleuter en ma’s, as belangrike verhoudingsbou-geleentheid.
Bid asb. vir wysheid en krag vir Tobie en Annalie (de Wet), Carina se ouers, vir die laaste paar maande van hulle werk in Japan, en ook vir besluite oor hulle pad vorentoe in diens van Missie Japan en die RCJ.
Bid asb. vir Gys en Linda vir nuwe energie en visie in die nuwe skooljaar wat hulle onlangs weer begin het (1 Sept) saam met hulle leerlinge en kollegas (in Seiwa Christenskool in Kochi).
Bid asb. vir duisende mense in Japan wat steeds die stukkies van hulle lewens optel na die rampgebeure in Maart, en ook na hierdie maand se groot storms (tifone en vloedreen) regoor die land (sien op foto hieronder hieronder hoe dit lyk nadat 600 mm in twee dae hier in Tokushima geval het).
Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning!
Vrede
Stephan, Carina, Annlie en Cornelius
(ook namens Tobie en Annalie de Wet en Gys en Linda Olivier)
