MJW5
Christelik Gereformeerde Kerk in Japan
日本キリスト改革派教会

Die Christelik Gereformeerde Kerk in Japan (Christian Reformed Church in Japan, of in kort: RCJ) is ‘n lewenskragtige kerk, tans in haar 79ste bestaansjaar (in 2025). Die RCJ het ongeveer 10 000 lidmate in 140 gemeentes landwyd. Maar ongeveer 40 hiervan is sonder ‘n voltydse leraar. Die nood is onmiskenbaar. Oor die afgelope 50 jaar het ‘n baie noue vennootskap en sending samewerking ontwikkel tussen die RCJ en die Suid-Afrikaanse NG Kerk-familie, deur middel van Missie Japan. Hierdie verhouding verdiep steeds, met wedersydse besoeke deur gemeenteleiers, lidmate, vrywilligers en studente-uitruilprogramme sowel as sommige diakonale projekte. Ons ervaar hierdie vennootskap as verrykend, omdat dit op diep en langtermyn wedersydse vertroue gebou is. Die RCJ neem óók aktief deel aan globale getuieniswerk, in vennootskap met kerke in Nederland, Myanmar, Suid-Korea en Amerika, en met eie RCJ sendelinge in Gambië, Kambodja en Hongarye.